Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaarlik by supermark

Gevaarlik by supermark
 
2009-07-23


EK wil net mense waarsku om op die uitkyk te wees vir sakkerollers in die Paarlse middedorp.

Verlede Saterdagoggend om 12:00 het ons by die agterste ingang van Checkers in Lady Greystraat geparkeer om inkopies te gaan doen.

Net toe ons by die deur van die winkel ingaan, het ’n man my man rof uit die pad uit gestamp. ’n Ander man het kamstig gevra wat makeer, maar eintlik was hy die dief se handlanger wat ons aandag probeer aftrek het.

Toe ’n sekuriteitswag nader staan, het die eerste man weggehardloop en iets het uit sy sak geval.

Die wag het dit opgetel en vir ons gegee - dit was my man se motorsleutels wat hy blitsvinnig uit sy sak gesteel het!

Dié mense is baie vinnig - pas dus jou besittings op!

Maritha




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za