’n Boereseun en ’n brunet in kabaret
2009-07-23
’n KABARET, “’n Boereseun en ’n Brunet” met Niël Rademan en Anéle du Plessis is Vrydag om 20:00 by die Royal Hotel op Riebeek-Kasteel te sien. Die klavier-en-sangsensasie, Niël Rademan beloof om gehore gaande te hê met sensitiewe vertolkings van Afrikaanse volksmusiek en Europese chansons. Die “Brunet”, Anéle du Plessis, neem verskeie gedaantes aan - van die verlore liefde tot die skarlakenvrou, haarself! Kaartjies is R100. Vir besprekings en meer inligting, kontak 076-729-0835 of stuur ’n e-pos na gm@roy alinriebeek.com.
More
News
|