Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ons woonbuurt word erg verwaarloos

Ons woonbuurt word erg verwaarloos
 
2009-07-23


ONGEVEER 35 jaar gelede is ons hier in Waterbokstraat, Paarl-Oos, geplaas.

Sedertdien het ons die huise gekoop en dus belastingbetalers geword soos die bewoners aan die westekant van die rivier.

Maar wat het hierdie munisipaliteit oor die jare vir ons gedoen? Daar word altyd voorgehou dat daar nie geld is nie.

Daar is egter geld om reeds bestaande parkeerareas soos Jan Phillipsplein te herteer.

Oor ’n tydperk van 35 jaar is hier net vier spoedwalle in ons straat aangebring.

Sypaadjies is nog nooit geteer nie.

Nou in die winter kan ons nie daar loop nie, want dis net modderplasse oral.

In die straat kan ons ook nie loop nie, want die reënwater stroom die straat af weens die onvoldoende dreineringstelsel.

Ons raadslid sien ons nooit om ons lot te bekla nie. Sy woon nie in hierdie gebied nie en het nog nooit met ons ’n vergadering belę nie. Sy kom net sover as die “containers”.

Moet ons dan nog wag tot die volgende verkiesing en dan weer met beloftes van dienslewering mislei word?

Ons is bitter teleurgesteld!

JA Adams




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za