Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Unieke kosprogram te sien

Unieke kosprogram te sien
 
2009-07-23


DIE bekroonde skrywer en joernalis, Dine van Zyl, en die immergewilde sanger Randall Wicomb is eerskomende Saterdag om 20:00 by die Bôrdienghuis-teater op Wellington in ’n unieke kos- en musiekprogram, “Agter die lekker aan”.

Hierdie program het sy ontstaan te danke aan die gelyknamige resepteboek, Agter die lekker aan, wat Dine van Zyl saamgestel het met resepte, staaltjies en humoristiese anekdotes wat so eie is aan die Afrikaanse kultuur.

Dine vertel dat, toe sy besig was met die samestelling van die kosboek, sy nie anders kon as om haar goeie vriend, Randall Wicomb, te vra om nuwe liedjies te sing wat aansluit by haar stories en kos nie.

“Die program is ’n jubeling van kos en kultuur”, sê Dine, “omdat Afrikaans net so ’n kwylbekklank het wat ons vier met pittige stories, musiek en kos.”

Verder vertel sy ook dat sy en Randall vir die program by die Bôrdienghuis spesiaal nuwe liedjies geskryf het. Hierdie program is ’n mengelmoes van stories en musiek en Dine gaan selfs van haar gunsteling disse op die verhoog maak terwyl sy haar herinneringe en staaltjies deel. Die resepteboek sal verder teen ’n spesiale aanbod te koop aangebied word. Kaartjies is R60 en kan bespreek word by 021-873-2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za