Die Mystic Boer rock in die Paarl
2009-07-23
VALIANT Swart tree Vrydag 24 Julie om 20:00 by die Ou Meul-teater op. Valiant word gereken as die baanbreker van Afrikaanse Blues-rock musiek. Sy bynaam “Mystic Boer” maak al vir die afgelope 17 jaar van hom ’n kultusfiguur op die Suid-Afrikaanse musiekfront. Valiant word ook raakgesien vir sy bydrae tot Afrikaanse skryfkuns met sy uitstekende lirieke. Ná 14 albums en ’n hoofrol in Song vir Katryn is Valiant ’n bekende in elke huishouding. Tans is hy en sy familie op ’n “eindelose reis” om die platteland te verken, en sy musiek na sy aanhangers toe te neem wat nooit voorheen ’n vertoning in hul eie dorpie sou verwag het nie. Saam met sy vrou Lanelle, en hul dogtertjie Helena, is hulle vir die volgende paar maande (of wie weet, dalk jare?) op die pad met kitare, speakers, mikrofone en al. ’n Blog van hul reis kan gesien word op www.eindelosereis.wordpress.com. Kaartjies is R80 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.
More
News
|