Wie strooi so rommel?
2009-07-23
DIE Breytenbach-sentrum se Bôrdienghuis-teater bied Saterdag ’n energieke interaktiewe kindertoneelstuk aan onder leiding van die bekende Waldemar Schultz (Jan-Hendrik van 7de Laan). Teen slegs R30 kan die kleinspan uitsien na die produksie Iets uit Niets wat om 10:00. Dit vertel die verhaal van Nikki se probleme met Gritsel, wat aanhoudend rommel in die straat strooi, en haar telkens in die moeilikheid laat beland by haar tannie, Frau Reinenshön! Die iets-uit-niets-feetjie kom uiteindelik tot almal se redding en herstel die vrede in die buurt! Besprekings by 021-873-2786.
More
News
|