Spesiale diens by die Lighuis
2009-07-23
DIE Lighuis-gemeente in die Paarl bied ’n spesiale diens aan op Sondag 26 Julie by Charleston Hill Senior Sekondêre Skool om 17:00. Gewese tikverslaafdes wat tot bekering gekom het, sal by die geleentheid hul getuienisse lewer en daar sal ook geestelike danse wees. Op Saterdag 25 Julie om 10:30 hou dié gemeente ’n optog vanaf Food-O-Rama en almal is welkom om aan die optog deel te neem. Vir navrae, kontak pastoor Vernon Jacobs by 083-766-7495.
More
News
|