Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die hare gaan waai by die Toringkerk se Markdag

Die hare gaan waai by die Toringkerk se Markdag
 
2009-07-23


SATERDAGOGGEND is Toringkerk die plek om te wees, want dan hou hulle Markdag van 09:00 en almal kan lekker saamkuier en koop tot 13:00.

Daar sal iets vir elkeen se smaak wees, van koek en beskuit tot handwerk, groente, wildsvleis, wit olifante en natuurlik pannekoek en basaarpoeding! ’n Heerlike plaasontbyt en middagete (twee geregte om van te kies) onder andere Andries Krogmann se potjiekos, teen R30 per ete, sal die hongerte stil.

Om te sorg vir ’n bietjie pret het die entoesiastiese basaarkomitee die voorsitter van die markdag, ds Jaco Thom, uitgedaag om sy hare af te skeer as die basaar ’n wins van meer as R125 000 oplewer en hy het dié uitdaging aanvaar. So dit hang van die publiek se ondersteuning af of die hare gaan waai of nie!




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za