Vroue met skop by kuieroggend
2009-07-23
KOM bederf jouself op 25 Julie om 09:00 met ’n luilekker kuieroggend saam met vroue nes jy - vroue met skop - by Laerskool Courtrai se saal met motivering-spreker Daniël de Kock. Hugo Nieuwoudt tree op as gaskunstenaar. Kostes beloop R120 per persoon wat ook ’n laat-ontbyt insluit. Daar sal ook ná die tyd van Daniël se produkte (souse, kruie en boeke) te koop wees. Onthou om jou R5 inskrywingsgeld vir die gelukkige prystrekking saam te bring! Moenie die oggend met die vroue met skop, woema, passie, entoesiasme, humor en arms vol blomme misloop nie. Vir navrae, kontak Denise by 078-459-3300.
More
News
|