Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalweek gevier

Taalweek gevier
 
2009-07-23


SEDERT 1999 bied die Afrikaanse Taalmuseum en- monument (ATM) jaarliks 地 Taalweek in Augustus aan.

Vanjaar se Taalweek vind plaas vanaf 9 tot 16 Augustus en daar word weer 地 wye verskeidenheid van programme, voorlesings, opvoerings en geleenthede ter viering van Afrikaans aangebied.

Dit sluit in voorlesing van werke deur Eugene Marais by Zomerlust op Dinsdag 11 Augustus om 18:30. Besprekings kan gedoen word by 021-863-3839.

地 Bespreking oor die Afrikaanse komponiste wat egte volksliedjies komponeer het, vind plaas op Donderdag 13 Augustus om 19:00 by Flambeaustraat 53.

地 Spesiale opera-konsert deur die jong sangsensasie Johannes Migael Slabbert word by Simonsvlei op Vrydag 14 Augustus om 20:00 gehou.

Bespreek by 021-863-3839.

Die derde Mathews Phosa lesing word ook by die Taalmuseum aangebied op Woensdag 12 Augustus om 12:30 in die Taalmuseum Historium te Pastorielaan 11, Paarl, met prof Nico Koopman van die Universiteit van Stellenbosch as spreker.

Bespreek by 021-872-3441.

Ter viering van Vrouedag word daar op Sondag 9 Augustus om 16:00 te Frank Pietersen Musieksentrum 地 heerlike middagtee met die fokus op vrouens se gesondheid, hul skoonheid en besigheid aangebied.

地 Gesellige samesyn van koek en tee en mediese praatjies deur kenners, skoonheidsdemonstrasies sowel as bederfpakkies is van die items op die program. Bespreek by 021-872-3441.

Diegene wat graag weer ou wit en swart Afrikaanse films wil sien, moenie die kans misloop om 地 vertoning van films uit die dertiger- en vyftigerjare daagliks by die ATM media-lokaal te sien nie. Kaartjies is R12 per persoon.

Daar word ook 地 tradisionele Zulu-middagete aangebied op Saterdag 15 Augustus om 12:00 by die Top Four Gemeenskapsaal in Mbekweni, deur Princess Cynthia Zulu-Kabanyane, waartydens besoekers 地 Zulu-feesfunksie van dans, kos en unieke kultuur-gewoontes kan ervaar.

Sy is 地 lid van die Zulu koninklike familie wat nou gevestig is in die Paarl. Vir besprekings, kontak 021-872-0607.

Vir navrae en meer inligting oor die verskillende funksies, skakel gerus die Taalmuseum by 021-872-3441 of jy kan 地 e-pos stuur na bemarking@taal museum.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za