Derbystryd kom
2009-07-23
DIE hoërskole Bergrivier en Weltevrede pak mekaar van 28 Julie tot 1 Augustus in hul jaarlikse derbystryd op verskeie sportvelde op Wellington. Die basketbalwedstryde is eerste aan die beurt, op 28 Julie by Bergrivier, ná ’n toewydingsdiens Sondag 26 Julie om 10:00. Op Woensdag 29 Julie pak die rugbyspanne (alle spanne behalwe die A-span) mekaar te Pelikaanpark vanaf 13:00. Donderdag 30 Julie vanaf 13:00 speel die netbalspanne by Bergrivier se bane en die aand is daar ’n karaoke-kompetisie. Vrydag 31 Julie vanaf 11:30 is sokker aan die beurt te Pelikaanpark gevolg deur ’n party. Die eindstryd is op Saterdag 1 Augustus te Boland-stadion. Die spanne wat speel, is die o.14A-rugbyspan10:30, o.15A 11:30, gevolg deur minirugby en die dogterspan. Die o.16A-span speel 14:10 en die eerste rugbyspan speel om 16:00. Die dag word afgesluit met ’n derbyparty by Havanna.
More
News
|