Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Interskole begin al Maandag

Interskole begin al Maandag
 
2009-07-23


HOEWEL Saterdag 1 Augustus D-dag is, wanneer die eerste rugbyspanne van Hoërskool Gimnasium en Hoër Jongenskool om 16:00 die middag koppe stamp op Faurestraat-stadion, begin interskole-week inderwaarheid reeds eerskomende Maandag.

) Maandag: Die jongspan skop interskole op 27 Julie af om 16:00, met die o.7’s, o.8’s en o.9’s wat mekaar die stryd gaan aansê in rugby-, hokkie- en netbalwedstryde op die Cheve-velde.

) Dinsdag: Die o.10, o.11 en o.13 hokkie vind Dinsdag op die Parys-velde (langs die Paarl Rugbyklub) plaas vanaf 11:50. Die Old Boys hokkie-spanne speel 19:00 by La Rochelle.

) Woensdag: Die o.10 tot o.13 Netbalwedstryde vind van 14:00 by Cheve plaas. Indien dit reën, sal die wedstryde na die binnenshuise baan by Hoërskool Gimnasium verskuif word (van 11:40). Spanne wat nié op die Woensdag speel nie, sal op 4 Augustus speel by Cheve 14:30. Die o.19A-, o.19B- en o.16A-netbalspanne speel by Gim 18:00.

Die oud-studente se rugby-wedstryde sal ook op dié dag plaasvind om 19:00, onder die spreiligte by Hoër Jongenskool se velde.

) Donderdag: Alle laerskoolrugbywedstryde vir o.11 tot o.13 vind op die Faurestraat-stadion plaas. Die hekke open om 10:00 met die hoofwedstryd tussen die o.13A-spanne van Gim en HJS wat om 16:00 beslis sal word.

Die rugbywedstryde van o.19H, o.16E’s (albei om 14:30) en o.19G (15:45) word beslis op die E- en F-velde van Hoërskool Gimnasium. Hoërskool netbal en hokkie vind plaas by Gim vanaf 15:00.

) Vrydag: Die hoërskole se rugby, netbal en hokkie vind plaas op die velde van Hoërskool Gimnasium vanaf 13:00.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za