Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2009-07-23


ALLANDALE RUGBYKLUB

ALLANDALE RUGBYKLUB bied ’n Piekniekdans aan op Vrydag 31 Julie 19:30 te Drakenstein Gevangenis teen R60. Musiek sal verskaf word deur Whani van Stofpad. Kontak Davey by 021-864-8195.

PAARL EVERGREENS WEN WÉÉR

DIE eerste rugbyspan van Falstan Evergreens (Paarl) het Saterdag op Evergreens Park daarin geslaag om Temperance (Gouda) met 18-5 te klop in ’n Presidentliga-wedstryd. Evergreens se driedrukkers was Samuel Andries (skrumskakel) en Regardt Liebenberg (haker). Neil Julies (losskakel) het met ’n doelskop en twee strafskoppe geslaag. Die tweede span het 7-13 verloor en die derdes het 8-5 gewen. Evergreens speel Saterdag teen Mamre (weg).

LAER PAARL TROEF GARDENS

LAER PAARL se wedstryd teen Young Gardens was Saterdag eers in die 73ste minuut beslis toe Gueron Kulsen ’n skitter-drie behaal het om aan die Blues ’n 21-15 oorwinning te verseker. Donnie Fredericks (agtsteman) het ook ’n drie gedruk.

Blues se tweede- en derde spanne het onderskeidelik met 0-8 en 9-15 vasgeval.

Blues speel Saterdag weg teen Allandale.

OCEANS TRAP OPPONENTE

OCEANS van Agter-Paarl het Saterdag vir Evergreens van Wellington met 43-15 te verslaan. Punte was aangeteken deur Boetie Berg (1 drie), Zebenzile (2 drieë, 1 strafdoel en 1 doelskop), David Adams (2 drieë en 4 doelskappe). Ocean speel Saterdag weg teen Warriors van die Paarl. Vervoer vertrek 12:30 vanaf Ocean Park.

HILLCREST KLOP VIR MONTAGU

’N Hoogs begeesterde Hillcrest United het Saterdag vir Villagers Montagu met 25-19 geklop op hul tuisveld. Die rustydtelling was 14-7 vir Hillcrest.

Hillcrest se puntemakers was Jerome Coetzee (1 drie), Gerswin van Rooyen (1 drie), Adrian Swartz (1 drie) en Conroy Gertse (2 doelskoppe en 2 strafdoele).

Dié Saterdag speel Hillcrest tuis teen Hamlets. Die toets sal uitgesaai word en daar sal karaoke in die klubhuis wees.

VILLAGERS TRAP EVERGREENS

VILLAGERS van Newtons het Saterdag, op sy tuisveld, vir Evergreens van Stellenbosch met 27-14 geklop. Puntemakers was Johan Booysen (1 drie), Vernon Philander (1 drie), Anthony Pietersen (1 drie), Guss de Klerk (1 drie), Bjorn Hollenbach (1 drie) en Sean Paulse (1 doelskop). Die tweede span het 8-5 gewen. Saterdag speel Villagers tuis teen Black Vultures.

Villagers bied op 19 September ’n piekniekdans aan by Dalweide Primêr, met die orkes, Public Opinion. Kontak John Malgas by 078-011-6407.

ALBIONS DEEL LOUERE

ALBIONS RUGBYKLUB het Saterdag met 25-25 gelykop gespeel teen Macassar.

Die speler van die wedstryd was die senter Carlyle Lawrence (1 drie). Albions speel Saterdag teen Silverleafs (bus vertrek 11:00 vanaf Groenheuwel, Simfonielaan).

Albions II (17-22) en Albions III (7-36) het vasgeval. Kontak Stevie (073-419-8476) in verband met die karaoke-aand by Denver Claus (Kolbé-straat) en die veterane derby-wedstryd teen Rangers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za