Interskole Aksiesport
2009-07-23
VANJAAR is die loodsing van die Paarl Old Boys Classic (POBC) se interskole Aksie-sport tussen die oud-studente van Boishaai en Gimnasium. Dit behels drie sportdissiplines - sokker, netbal en krieket - en vind plaas in die Paarl Action Sports Arena op Maandag 27 Julie. Die sokker en netbal begin om 19:00 met die krieket wat volg. Daar sal verversings te koop wees. Almal, insluitend kinders, is baie welkom om die verskeie spanne te kom ondersteun. Vir navrae, kontak K Willemse (Gim) 083-635-4767 of C Burger (HJS) 082-552-3975. Die arena se nommer is 021-838-0615.
More
News
|