* Die “cowboys” van King Finance het duisende mense se geld gesteel. Ek het soveel geld deur hulle verloor. Hulle is erger as Arthur Brown en die Fidentia-skandaal. Ek hoop hulle gaan tronk toe!
* As my vullisdrom dié week nie uitgegooi word nie weens munisipale stakings, kan ek dit maar van my vullisverwyderingsheffing aftrek? En dan betaal ek natuurlik vir die private skoonmakers wat gehuur moes word.
* Taxi’s forseer gewoonlik hulself voor ander voertuie in op die kruising van Jan van Riebeeckweg en Klein Drakensteinweg. Verlede week het ’n paar van hulle egter hul rieme styf geloop toe verkeersbeampte Greg Williams hulle voorgekeer en lelik berispe het. Baie dankie mnr Williams en mag jou kollegas saam met jou probeer om ten minste een keer per week so ’n aksie uit te voer. Sommige taxibestuurders dink mos hoeka niks van ander padgebruikers nie.
* As die eienaars van Slabbert Burger Vervoer meer beleefd was teenoor hul werknemers en minder geld op hulself spandeer het, kon die firma nog aangegaan het.
* Slabbert Burger se “fat cats” se huise en karre word net groter terwyl werkers en voorsieners honger ly. Skaam julle!
* Ek dink die berigte oor finansiële probleme by Slabbert Burger was in swak smaak!
* Werkers van Slabbert Burger se motors is glo deur die banke teruggeneem - seker nie 20 dae nie?
* On 24 June a CJ car driver did not stop after hitting a fox terrier in Berg River Boulevard. Shame on you!