HIER in ’n aftree-oord het ons begin klagtes en navrae kry oor verskille in waardasies van dieselfde grootte huise. Nadat ’n steekproef geneem is van tien huise uit ’n totaal van 160 huise, en die gegewens vergelyk is, is daar onverklaarbare verskille gevind.
Ek noem as voorbeeld: My eiendom en dié van my buurman is feitlik duplikate van mekaar, en die erwe ook, maar my waardasie is R1 180 000 en syne is R1 125 000.
Dit beteken hy betaal sowat R93 per maand minder as ek aan belasting - nogal ’n aansienlike verskil. Hoe rym dit?
Ek wil voorstel dat die munisipaliteit op die waardasie aandui wat die erfgrootte, huis, motorhuis en afdakke se oppervlaktes en die vorige waardasie is, sodat jy dit kan kontroleer en seker maak dat hulle die regte groottes benut het.