¡ Ligstraal-derby. Ligstraal Skool hou op 8 Augustus van 10:00 hul eerste derby teen Dorothea Skool (Stellenbosch) op die sportvelde van Paarl Gimnasuim Hoërskool. Leerders gaan sokker, basketbal en hokkie speel. Toegang is gratis, maar derbyboekies word teen R10 verkoop en gedenkbekers teen R15. Kontak 021-862-7182.
¡ Vrouedag. Stellenbosch Museum vier Vrouedag met ’n oggendfunksie op Saterdag 8 Augustus om 10:00. Die tema is ’n Doelgerigte Lewe en die spreker is Elna Boesak. Randall Wicomb sal as gaskunstenaar optree. Kaartjies is R80 en sluit ’n vingerete met vonkelwyn, sap en tee in en ’n toer deur die Dorpmuseum. Vir besprekings, skakel Debbie Gabriels of Esmé Adriaanse by 021-887-2937.
¡ Dementia. Everyone is welcome to join Dementia SA’s support group which will meet on Thursday 6 August at 10:00 at Groenleegte Medical Centre, 11 Camargue Street, Paarl North.
Here they discuss the challenges of this condition while providing counselling, awareness and support. Contact Dementia SA on 021-421-0077/78.
¡ Blomme. Die Paarl Blommeklub vergader Dinsdag 4 Augustus om 18:30 in die NG Kerksaal te Denneburg. ’n Demonstrasie van rangskikkings met die tema “Petite” sal gedoen word en lede doen rangskikkings oor inheemse skoonheid. Kontak Erika Mouton-Griffiths by 082-852-6661 of 021-981-9727.