Forum vir kleinsake
2009-07-30
DIE Drakenstein Besigheidsforum, wat in Junie in die lewe geroep is, gaan die klem laat val op mikro- en kleiner besighede in die Drakenstein-gebied. Die stigting van die forum is gebore uit die behoefte wat ontstaan het om die kleiner sakelui se belange aan te spreek, sę Willie Barends, wat onlangs as voorsitter aangewys is. Die forum gaan fokus op sake wat mikro- en kleinbesighede se groei inperk, waaronder plaaslike regeringsregulasies. “Praktiese werkswinkels sal ook gereël word om mikro- en klein besighede te bemagtig. Die bestuurslede wat onlangs verkies is, is Willie Barends (voorsitter), Lance Julies (ondervoorsitter), Denzil Adams (sekretaris), Ralph Theunissen (hulpsekretaris), Dean Muller (kassier), Ivan Martin (hulpkassier), Dawn Jacobs en Elizabeth Muller. Belangstellendes wat die gereelde vergaderings op Dinsdagaande wil bywoon kan vir Willie Barends skakel by 073-599-7022 of vir Denzil Adams by 076-048-9834.
More
News
|