Kelder-assistente proe vir titel
2009-07-30
VANJAAR het ’n rekord 31 kandidate vir die Santam Paarl Vintners Shiraz Challenge vir kelderassistente ingeskryf. Die kompetisie is verlede Vrydag by Windmeul Kelder gehou. Dié kompetisie word reeds sedert 2000 op ‘n jaarlikse basis aangebied. Kelders word genooi om hul kandidate kosteloos in te skryf en ’n werkswinkel, waar deelnemers vooraf opleiding ontvang, word gewoonlik ’n paar weke voor die kompetisie aangebied. Dit is ook ’n item op Paarl Vintners se program vir sosiale verantwoordelikheid. Die wenner ontvang ’n wisseltrofee asook ’n vlekvrye staal gemonteerde sertifikaat en ’n kontantprys. Die wenners van die tweede en derde plekke ontvang ook elkeen ’n kontantprys en ’n vlekvrye staal sertifikaat. Die wenner sal outomaties deelneem aan vanjaar se nasionale Kelderassistent van die Jaar-kompetisie. Vanjaar se wenners word aangekondig by die Santam Paarl Vintners Shiraz Challengse se toekenningsfunksie wat op 28 Augustus by Rhebokskloof gehou word.
More
News
|