Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonner publiseer geestelike boek

Wellingtonner publiseer geestelike boek
 
2009-07-30


’n WELLINGTONNER, pastoor Andy Witbooi van die Bet-el Christensentrum, het onlangs die inisiatief geneem en ’n geestelike boek op eie koste gepubliseer.

Die uiters leesbare boek, getitel “In Sy Beeld, in Sy Gelykenis”, gee waardevolle lewenswenke aan ouers en kinders uit sy eie ervaring.

“Nadat ek die skool verlaat het in 1980, het my lewe op ’n baie verkeerde rigting afgestuur, deurdat ek vroeg reeds in alkohol and dagga verval het,” het Witbooi.

Nadat hy sy werk in die destydse Gevangenisdiens verloor het, het hy daarin geslaag om ’n bou-onderneming op die been te bring, sy lewe omgedraai en daarna nie weer teruggekyk nie.

Hy het uit eie ondervinding geleer dat ’n mens nie kan verander as jy nie wil nie - die behoefte aan verandering is die eerste treetjie op die pad na ’n beter lewe.

Hy en sy vrou het dertien jaar gelede die Bet-el Christensentrum gestig en is die afgelope vyf jaar voltyds daarby betrokke as leraarspaar.

Hulle fokus op leiding aan die jeug: “Ek is oortuig dat daar in die huidige tye ’n geweldige groot aanslag is op ons, veral ons jeug,” sê Witbooi.

“Omdat ek self uit ’n lewe van verslawing en slegte gewoontes verlos is, wil ek graag die jeug bereik, hul lewens met goeie waardes en morele standaarde verryk, en hulle motiveer om te kan droom.

“Ons beoog om ’n addisionele fasiliteit te ontwikkel by ons kerk waar kinders naweke in ’n veilige area sosiaal kan verkeer op positiewe wyse.”

Sy droom is die bou van ’n jeugsentrum op ’n plaas waar jongmense vakansiekampe kan bywoon.

Belangstellendes wat die boek teen R100 wil aanskaf, kan hom kontak by 083-380-3425 of 021-868-3787.

Dit is ook beskikbaar in Engels as “In His Image, in His Likeness”. - AK




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za