DIE legendariese Jan Blohm is vir die eerste keer in ’n lang tyd terug by Die Bôrdienghuis-teater en tree vanaand om 20:00 op.
Hy het ’n splinternuwe CD, getiteld 7 jaar, en sal van sy nuwe snitte, asook van sy bekende liedjies sing.
Jan Blohm is so gewild dat ’n tweede vertoning inderhaas gereël moes word vir vanaand, omdat Vrydagaand se konsert binne enkele weke uitverkoop is.
Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir die poësie en probeer die digterlike eienskap aan sy musiek gee.
Sy musiek bied ’n verskeidenheid style wat strek van rock na blues, van ballades tot ligte jazz.
In hierdie akoestiese vertoning breek hy ’n lang stilte en kan sy aanhangers uitsien na Jan Blohm op sy beste.
Kaartjies is R80. Bespreek by 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za.