Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kwaad oor HOP-huise

Kwaad oor HOP-huise
 
2009-07-30

Sieb Sieberhagen

SEDERT 1993 wag verskeie inwoners van Drakenstein reeds om in HOP-huise in te trek, maar steeds gebeur dit nie.

Die waglys raak al langer en sekere mense wat baie korter op die lys is, kry voorkeur, beweer ontevrede Paarliete.

Na raming is daar meer as 10 000 name op die Drakenstein waglys en daar is ontevredenheid omdat dit lyk asof sommige mense wat uit Khayelitsha na Fairyland getrek het, voorkeur kry.

Ontevrede inwoners beoog om reg in eie hande te neem en dreig om vandeesweek by die nuutgeboude huise in Fairyland in te trek sonder toestemming.

Dié ongelukkiges het verlede Donderdagoggend die munisipale kantore vir ’n tyd lank versper en versoek om die hele aangeleentheid met die burgemeester te bespreek.

Dinsdag het hulle wel met burgemeester, Charmaine Manuel vergader, maar sy kon volgens die groep se woordvoerder, Leon Smith, nie antwoorde gee nie.

Daar word weer ’n vergadering vir oor twee weke beplan om die aangeleentheid te besleg, sodat die burgemeester hul klagtes kan ondersoek.

“Ons geduld is nou op. Wat moet ons meer doen? Ons het al met behuisingsraadslid Arthob Petersen en die onder-burgemeester, Wilhelm Nothnagel, gesels, maar daar gebeur net mooi niks.

“In fase 4,5,6, en 7 van Projek 59 het mense wat nie eens op die waglys was nie, huise gekry. Dit is mos nie regverdig nie. Meer as 50% van dié wat huise ontvang het, was nie op die waglys nie.

“Daar moet meer geregtigheid geskied. Ons is baie ernstig oor die hele aangeleentheid en gaan nou reg in eie hande neem. Hier is mense wat reeds 15 jaar wag,” sê hy.

’n Omgekrapte Sonia Joe wat al in die vroeë negentigerjare vir ’n huis aansoek gedoen het, voeg by: “ Arthob Petersen is nooit beskikbaar nie, hy bestuur die Springbok-rugbyspan. Hoe kan hy ’n salaris kry en hy is nooit hier om ons te help nie?”.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za