Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rowers maak amok by fabriek

Rowers maak amok by fabriek
 
2009-07-30


’n BESIGHEID in Wellington se industriële gebied was verlede Donderdag vir die tweede keer vanjaar die slagoffer van gewapende rowers.

Na bewering het drie mans toegang tot die perseel van Royal Pack in Oude Pontstraat gekry sonder dat die sekuriteitswag by die hek hulle gewaar het.

Hulle is na die agterkant van die perseel en toe hulle wél deur die wag raakgesien is, het hulle hom na bewering gegryp, sy klere uitgetrek en vir hom vasgebind.

Een van die vermeende rowers het hierna die wag se klere aangetrek en vir hom tuis gemaak in die wag se plek by die hoof-hek.

Intussen het die ander twee rowers hulself in die kleedkamers versteek, en soos wat werknemers van Royal Pack binnegegaan het, is hulle van hul selfone beroof.

In totaal het 11 persone deurgeloop, maar steeds is die alarm nie gemaak nie.

Hierna het die twee gevorder tot binne die kantoor, waar twee bestuurders vasgebind is in ’n kantoor terwyl die rowers sowat R20 000 kontant uit ’n kluis gehaal het.

Maar steeds was die rowers nie klaar met hul manewales nie.

Hulle het by die uitgang ’n motor gekaap, die bestuurder uit die voertuig gedwing, en uiteindelik die pad gevat.

Die voertuig is later verlate gevind op die R44.

Die polisie vermoed dat nog ’n motor hiér vir die rowers gewag het.

Geen personeellede van Royal Pack is beseer nie, maar hulle is wel erg getraumatiseer deur die voorval.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za