Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2009-07-30


) EVERGREENS DEEL LOUERE

Falstan Evergreens van die Paarl het Saterdag op Mamre vriend en vyand verras deur ’n 24-24 gelykop-uitslag te behaal teen die tuisspan (en voorlopers in Boland se Presidentliga), Mamre.

Die rustydtelling was 17-24 in Mamre se guns.

Evergreens se puntemakers was Samuel Andries (1 drie), Adrian Jacobs (1 drie), Samuel Jacobs (1 drie) en Kelvin Beffels (3 doelskoppe en een strafdoel).

Enslin de Lange (stut) was die speler van die wedstryd.

Evergreens het dié naweek ’n loslootjie.

Op 8 Augustus speel Evergreens weg teen Never Despair op Malmesbury.

) HILLCREST KLOP HAMLETS

Om vir Hillcrest United op hul tuisveld te klop, grens aan die onmoontlike.

Dít het die manne van Wellington weer Saterdag bewys met ’n 24-9 oorwinning oor Hamlet op Pelikaanpark.

Hillcrest se puntemakers was Gerswin Heugh (1 drie), Jeremy Koukom (1 drie) en Conroy Gertse (1 doelskop, ’n skepskop en drie strafdoele).

Hillcrest se uitblinkers was Mario Jones en John Abrahams.

Hillcrest speel dié Saterdag tuis teen Montagu Villagers te Pelikaanpark.

) RANGERS TROEF WATSONIA

DIE eerste rugbyspan van Paarl Rangers Saterdag hul segetog voortgesit met ’n 15-12 oorwinning oor Watsonia.

Beide Rangers se drieë is gedruk deur die flank Marius Joe.

Rangers se losskakel Joshua Hoffman was in die kol met ’n doel- en ’n strafskop.

Die tweede span het ook ’n prag-oorwinning van 31-3 behaal.

Rangers se derde span het met 0-6 vasgeval.

Saterdag speel Rangers tuis teen Sir Lowrians.

) ALBIONS KRY PAK SLAE

Albions Rugbyklub het Saterdag in die laaste paar minute van hul wedstryd teen Silverleafs vasgeval met 35-36.

Reagan Pietersen was die speler van die wedstryd.

Albions se tweede span het ’n 12-3 oorwinning behaal en die derdes het 10-5 gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za