DIE Opedag van die Universiteit Stellenbosch, waar voornemende Maties inligting kan inwin oor studierigtings, toelatingsvereistes, verblyf en finansies, vind vanjaar op Woensdag 5 Augustus plaas.
Leerders en hul ouers kan meer as 90 stalletjies in die Universiteit se Studentesentrum besoek, met personeel gesels, inligting versamel en ook program- en vakinhoude eerstehands ervaar. Inligting oor beurse en die verpligte toegangstoetse wat alle voornemende studente moet skryf, is ook beskikbaar.
Indien jy enige navrae het, kontak 021-808-4709 of 021-808-2370.