Griekwas bêre Boland Kavaliers
2009-07-30
DIE Boland Kavaliers het Saterdagmiddag lelik slae gekry op Kimberley, toe hulle 7-80 vasgeval het teen Griekwas. Griekwas, die huidige voorloper in die Curriebeker-reeks, het 12 drieë ingeryg teenoor die een drie deur die Wynboere. Die Kavaliers het weereens gewag vir die laaste minuut van die wedstryd, voordat Conrad Burke sy span se enigste vyfpunter van die middag kon behaal. Elgar Watts het Burke se drie verdoel. Hoewel ’n loesing van dié aard onverskoonbaar is, is dit nodig om te noem dat Griekwas die enigste onoorwonne span in vanjaar se reeks is, en ook die enigste span is wat elke wedstryd nog ’n voltal aan punte kon insamel. Boonop is Griekwas altyd ’n moeilike kalant in sy eie agterplaas. Komende Saterdag reis die manne van Wellington na Pretoria, waar hulle te staan sal kom teen die Blou Bulle om 17:00.
More
News
|