Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Derby-wedstryde skop Maandag af

Derby-wedstryde skop Maandag af
 
2009-07-30


HOEWEL die derby-wedstryde tussen Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans Sekondêr amptelik eers Maandag 3 Augustus afskop, sal sekere verrigtinge reeds vandag begin.

Die kapteins-funksie (13:00) en die leerders-funksie (18:00) vind vandag om 18:00 plaas in die Gemeenskapsaal, terwyl die oud-studente se Grootbrag môre-aand om 19:00 plaasvind in die Gemeenskapsaal teen R30 ’n kaartjie. Maandag vind die hokkiewedstryde vir dogters (o.14 en o.18) plaas op die Parys-velde vanaf 14:00 en die sokker-wedstryde (seuns o.15 en o.18) vind vanaf 14:00 plaas op die Boy Louw-velde. Dinsdag vind die basketbal, tafeltennis en skaak plaas vanaf 14:00 by Klein Nederburg Sekondêr.

Woensdag speel die agt laerskole se o.13 spanne op die Daljosafat sportvelde vanaf 15:00, met die Old Boys wat vanaf 18:00 in aksie sal wees. Toegang beloop R10 (kinders R5). Woensdag om 22:00 is die oud- studente se disco by Peter Cellars teen R20.

Donderdag speel die netbalspanne by Klein Nederburg Sekondêr vanaf 14:00.

Die Saterdag is D-dag wanneer die A-rugbyspanne en damespan op Faurestraat-stadion sal kragte meet. Verrigtinge begin om 10:00 met die hoofwedstryd (o.19A) om 16:00.

Toegang is R20 (R10 vir kinders) en R40 vir die hoofpawiljoen (slegs beperkte aantal).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za