Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere seëvier gerieflik

Tiere seëvier gerieflik
 
2009-07-30


YOUNG PEOPLES het Saterdag op die Daljosafat-stadion die eerste rugbyspan van Kuilsrivier met tieragtige verdediging voosgeduik om ’n goeie 23-8 oorwinning te behaal.

Die wedstryd het teen ’n geweldige pas begin en Young Peoples het binne die eerste 20 minute die span van Kuilsrivier onder druk gehou binne hulle eie kwartgebied.

Met dié volgehoue druk kon die stoomtrein van Young Peoples, Jacques Lategan, met brute krag deur vier verdedigers nael om die Tiere se eerste drie te druk.

Hegte verdediging agterlangs deur die senters Sam Titus en Lorenzo Jacobs het veroorsaak dat Kuilsrivier nooit enige ritme in dié wedstryd kon kry nie.

Peoples se flank Francois Julies het na nóg volgehoue druk op Kuilsrivier se doellyn die Tiere se tweede drie gaan druk.

Kuilsrivier het net voor rustyd hul enigste drie gaan druk om te gaan rus met die telling op 10-8 vir die tuisspan.

Ná rustyd het die Tiere met hernieude vuur gespeel en die agsteman Francois Manuel het agter die pale gaan druk ná ’n skrum in Kuilsrivier se kwartgebied.

Peoples se stelskoppers was ongelukkig van stryk af en verskeie skoppe na die pale was verbrou.

Die Tiere se vaste vyf het egter reuse-werk verrig en sodoende die basis gelê vir Sam Titus om die Tiere se vierde drie te gaan druk.

Peoples se losskakel Dimitri Isaacs het net voor die einde van die wedstryd ’n skepdoel deur die pale gejaag om die Tiere gerieflik te laat seëvier.

Peoples se tweede span het 24-17 gewen en die derde span het 17-24 verloor. Die o.20’s het 5-29 verloor.

Die Tiere speel dié Saterdag weg teen Goodwood. Die bus vertrek 10:30 uit Groenheuwel. Kostes beloop R20 vir toeskouers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za