DIE eerste rugbyspanne van Paarlse en Wellingtonse skole het die afgelope naweek taai teenstand teen hul onderskeie opponente ondervind.
Hoër Jongenskool het, op die Brugstraat-sportgronde, met ’n moeiliker Sacs-span te doen gekry as wat aanvanklik verwag is.
HJS het uiteindelik 23-16 gewen.
Op sy beurt het Hoërskool Gimnasium dit nie maklik gevind nie om, in ’n weg-wedstryd, vir HTS Drostdy te troef.
Gim het dié taai stryd met 29-23 gewen.
Hoër Landbouskool Boland het self gesukkel teen die span van Rondebosch, met die gevolg dat die Paarlse manne die knie moes buig met 10-16.
In ’n opwindende wedstryd het Paulus Joubert Sekondêr vir Charleston Hill Sekondêr met 13-5 geklop.
New Orleans Skondêr het Saterdag, op sy tuisveld, ’n puik 35-7 oorwinning oor Kylemore behaal.
Hoërskool Hugenote het Saterdag op Wellington ’n goeie oorwinning behaal oor Charlie Hofmeyer.
Die Wellingtonners het 38-3 gewen.