Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mariaan lei SA-span in Slowakye

Mariaan lei SA-span in Slowakye
 
2009-07-30


MARIAAN HEYDENRYCH, graad 9-leerder van Hoërskool Hugenote, het onlangs die o.15 dogterstennisspan aangevoer tydens die SA o.15 skoletennisspan se toer na die Republiek van Slowakye vanaf 29 Junie tot 13 Julie.

Dié skolespan bestaande uit 14 tennisspelers, wat bestuur word deur nóg ’n Wellingtonner, Kobus Liebenberg, het ’n baie geslaagde toer onderneem, wat ’n toernooi op kleibane ingesluit het.

In die proses het die span ook verskeie stede in Sentraal-Europa besoek.

”Dit was ’n ongelooflike belewenis wat ek saam met ’n baie lekker groep mense kon meemaak,” sê Mariaan.

“Dit was my eerste besoek aan Europa en ons het baie mooi plekke gesien

”Die ondervinding wat ek opgedoen het deur vir die eerste keer op klei te speel, sal ek ook nooit vergeet nie, al het ek baie gegly,” voeg Mariaan laggend by.

Die span se eerste vriendskaplike wedstryd was teen ’n uitnodigingspan van die Dutaf Tennissentrum in Dubnica nad Vahom. Die SA-span het dié kragmeting op klei gewen.

Tydens dié toernooi het Mariaan al haar wedstryde gewen.

Vandaar het die span na Zilina vertrek waar hulle aan ’n o.18 kleibaan-toernooi deelgeneem het.

In ag genome dat dit die spelers se eerste ontmoeting op kleibane was, het die SA-spelers baie goed gevaar, met ’n derde plek in die seunsdubbelspel deur Richard Ashforth (KZN) en Vaughn Hunter (Gauteng-Oos).

Mariaan het saam met haar spanmaat, deurgedring na die kwarteindronde van die dubbelspel.

Die plaaslike TV-stasie het ook ’n spesiale opname van die span gemaak wat tydens ’n nuusuitsending gebeeldsaai is.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za