Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


SA-kleure los geskop

SA-kleure los geskop
 
2009-07-30

Jaco van Wyk

AUGUSTUS se Let’s Play sportster van die maand, Barelle-Deanne Hoffman, ken van wen – dus was dit net ’n kwessie van tyd voor dié matriekleerder van Klein Nederburg Sekondêr haar SA-kleure in karate sou verwerf.

Op 17-jarige ouderdom is dié spogstudent van Hayashi-Ha Karateklub in die Paarl geen groentjie nie, ongeag of dit in karate se unison-, kata-, of kumite-dissiplines is.

Dié matrikulant, wat verlede jaar ook haar swart gordel ontvang het, het haar veelsydigheid juis tydens vandeesmaand se nasionale kampioenskappe in Durban ten toon gestel, toe sy goue medaljes in al drie bogenoemde dissiplines verwerf het.

Vandat Barelle-Deanne in 2004, op 12-jarige ouderdom, haar liefde vir karate ontdek het, het sy die een trofee na die ander ingeryg.

In 2004 het sy die beste beginner-trofee ingepalm by die bekende sensei Patrick Ross se klub in die Paarl, Hayashi-Ha.

In 2005 en 2006 het sy beide jare haar puik vorm voortgesit deur die trofee te ontvang vir beste o.15-meisie.

In 2006 het Barelle-Deanne haar Boland- en WP-kleure ontvang (sy het tydens die WP toernooi ’n silwer-medalje gewen) en in 2007 en 2008 het sy wéér twee jaar agtereenvolgens dieselfde prys ontvang, die keer die trofee vir beste junior meisie.

Tydens die driehoekige karate-toernooi in Junie vanjaar, het sy ook goud verwerf in unison en het sy silwer- en bronsmedaljes gewen in die kumite en kata.

Wat haar prestasies in 2007 uiters besonders maak, is die feit dat Barelle-Deanne daardie jaar in die hospitaal opgeneem was vir meningitis.

“Terwyl ek siek was, het ek ’n belofte aan myself en aan die Here gemaak, dat indien ek gesond word, sal ek terugploeg in die gemeenskap,” sê Barelle-Deanne, wat deeltyds karate afrig vir agtergeblewe kinders in Franschhoek.

Tydens die winterseisoen deel Barelle-Deanne ook kos uit aan straat-kinders en behoeftiges.

“Ek was baie bang toe ek siek geword het, maar ek het besef dat dit met enigeen kan gebeur. Dit was toe dat ek besluit het om hulp te bied aan mense wat hulp benodig,” sê Barelle-Deanne.

Barelle-Deanne oefen baie hard, somtyds elke dag van die week - mits sy tyd het. Sy voel egter dat alles die moeite werd is, veral aangesien sy gereeld die geleentheid kry om nuwe plekke te sien.

“Met my karate sien ek baie plekke en ek leer daagliks nuwe dinge. Die mense wat ek ontmoet, is ook ongelooflik.

“Daar is nog baie om te bereik en my volgende doelwit is om oor so twee jaar ’n sensei te word. Ek weet egter dat dit harde werk gaan verg,” sê Barelle-Deanne.

“Met harde oefening en dissipline is niks egter onmoontlik nie.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za