Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoogtepunte vir die graanbedryf in Wes-Kaap

Hoogtepunte vir die graanbedryf in Wes-Kaap
 
2009-08-06


DIE Agri Megaweek 2009 wat van 15 tot 18 September by die Agri Megapark in Bredasdorp gaan plaasvind, behoort soos vorige jare weer die hoogtepunt op die kalender van die graanbedryf in die Wes-Kaap te wees. Hierdie jaarlikse geleentheid bied vanjaar weer aktiwiteite spesifiek vir die kleingraanbedryf wat wisselwerking tussen produsente en ander primêre rolspelers in die onderskeie bedrywe bevorder en so waarde toevoeg tot landbou as geheel.

Hoogtepunte wat beslis nie gemis behoort te word nie is die Nasionale Skaapskeer en Wolhanteringskampioenskappe wat vir die eerste keer in die Wes-Kaap gehou gaan word, en reeds baie belangstelling onder voornemende besoekers lok.

Nog ’n hoogtepunt is die Nasionale Jersey Kampioenskappe, wat ’n groot geleentheid op die suiwelkalender is.

Daar is ook weer ’n graandebat, konferensies vir opkomende boere en plaasarbeiders, suiwel-, gars- en canolawerkswinkel en die Wes-Kaap se Meester Suiwelboerkompetisie word ook tydens die Agri Megaweek gehou.

Uitstallings en demonstrasies van die nuutste tegnologie, majinerie en implemente kan besigtig word.

Met ’n spesiale suiwelfokus by vanjaar se Agri Mega Week word verskeie aktiwiteite vir die Suiwelbedryf aangebied insluitende die Nasionale Jersey Kampioenskappe, die Wes-Kaapse Ayrshire Kampioenskappe, asook die “Queen-of-the-expo” interras-suiwelbeeskompetisie.

Verskeie prominente sprekers sal die gesprek lei en fokus op die rol van voedselsekuriteit, navorsing, agri-besighede, insetverskaffers en die banksektor asook die rol van die regering in die versekering van ’n volhoubare toekoms vir landbou.

Die gewilde garswerkswinkel wat al ’n permanente item op die Agri Megaweekprogram is, sal ook weer aangebied word, waar spesifieke kwessies in dié bedryf bespreek sal word. Addisioneel tot die garswerkswinkel word daar vanjaar ook ’n werkswinkel vir die Canolabedryf aangebied met insette van verskeie rolspelers in hierdie sektor.

Vir meer inligting, besoek die webwerf www.agrimega.co.za of skakel die kantoor by 028-424-2890.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za