AS belastingbetaler wil ek graag by die bestuur van Drakenstein Munisipaliteit en die politieke partye waarvoor ons stem ’n antwoord hê rondom die stakings en wat hulle daaromtrent gaan doen.
Ek betaal R1438,44 per jaar vir vullisverwydering, dus R27,66 per week. Die afgelope week het ek geen dienste gehad nie, en die munisipaliteit het ook geen private kontrakteur vir die tydperk ingekontrakteer om vullisdromme leeg te maak nie.
Die Munisipaliteit trek die dae wat die stakers nie gewerk het nie, af van hulle salaris, maar die belastingbetaler moet elke jaar vol opbetaal - dis mos nie reg nie.
Ek versoek die gemeenskap van Paarl-area om saam met my te staan en ons geld terug te eis.Tokkie (jr)