EK wil graag die Paarl polisie en brandweer bedank vir hul flinke diens.
Op Maandagaand 27 Julie het ons die onaangename ervaring van ’n kortsluiting en gepaardgaande brand in ons huis se dak gehad.
Ons het die polisie gebel en daar het binne enkele minute drie polisievoertuie gestop en die pad afgesper. Hulle was baie vriendelik en behulpsaam.
Die brandweer was net ’n paar minute later ook op die toneel. Hulle het die situasie baie vinnig onder beheer gehad.
Ons wil graag die Paarlse polisie en brandweer bedank dat hulle so vinnig gereageer en ons skade tot die minimum beperk het.
Baie dankie ook aan al die bure in die omgewing wat kom hulp aanbied het, ons waardeer dit opreg.
Pieters-gesin, Nicolastraat