Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wetstoepassing gevra vir almal

Wetstoepassing gevra vir almal
 
2009-08-06


Met die padherbouings wat tans plaasvind op die N1 is dit opmerklik hoe gereeld ons wetstoepassers hul werk doen. Ek sien dit via die aantal spoedoortredings wat op ’n gereelde basis in my posbus beland.

Ek kla nie oor die boetes nie aangesien ek skuldig is en ons weet wat die Wet van Transvaal is…

Sover my kennis strek, is voetgangers op ons snelweë verbode, maar blykbaar is die verkeersowerhede onbewus van hierdie regulasie – ek sê “blykbaar” aangesien ek daagliks voetgangers op die N1 bespeur tussen die Hoofstraat en Van Riebeeckstraat-afritte by die Paarl.

Op Donderdag 30 Julie kon ek my oë nie glo toe ek selfs ’n man op ’n fiets bespeur het wat tog te heerlik die N1 gebruik het….

Ek sal graag vir ons owerhede wil wys op die voormalige burgemeester van New York, Rudolph Giuliani, se benadering van “zero tolerance” met betrekking tot misdaad.

Hierdie benadering was daarop gebaseer dat enige oortredings, hoe gering dit ook al mag wees, nie ongestraf kon bly nie. Optrede het ’n misdaad-afname van 44% tot gevolg gehad.

Wessel Strydom




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za