Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom so traag met herwinning?

Hoekom so traag met herwinning?
 
2009-08-06


NA die chaos met die vullisverwydering tydens die staking verlede week, gaan dit my verstand te bowe dat die Munisipaliteit nog nie sover gekom het om herwinning van vullis aktief aan te moedig nie.

Dit sal ontsettend baie kostes bespaar indien huishoudelike vullis verminder omdat mense hul eie karton en plastiek sal sorteer.

Distillerystraat, Paarl is nogal ver om die depot vir hersirkulasie van vullis te besoek as ’n mens in De Zoete Inval bly.

Wat doen die Munisipaliteit om die groot behoefte aan “recycling” aktief aan te spreek?

Hoekom het soveel ander munisipaliteite reeds ’n stelsel in plek, maar nie Drakenstein nie?

Ek is seker daar is baie kontrakteurs wat net te graag hersirkuleerbare goedere by huise sal afhaal, indien dit in spesiale sakke uitgesit mag word. Ek glo hulle sal betaal vir hierdie voorreg.

Dan sal ons vullisterrein ook nie so gou vol raak nie. Wat sê die Munisipaliteit?

Paarliet

May Carolissen, munisipale hoof van kommunikasie, reageer: Daar word alreeds vir ’n geruime tyd glas, papier, blik en skrootyster (min of meer in kleiner maat) by die oorlaaistasie in Distillerystraat, Paarl, herwin.

Daar word ook ongeveer 10 tot 20 ton tuinvullis per dag opgemaal wat ’n groot hoeveelheid lugspasie by die stortingsterrein bespaar.

Die ou meul (ook in Distillerystraat) word tans omskep in ’n herwinningsaanleg wat ongeveer 60 tot 80 ton vaste afval per dag kan hanteer. Hierdie aanleg behoort begin September in bedryf te wees.

Daar is alreeds ’n aantal bottelbanke (ongeveer 25) op verskillende punte uitgeplaas.

Nog 15 nuwe banke is aangekoop en is ook in die proses om uitgeplaas te word (hierdie banke kan 2 tot 3 ton glas inneem).

Herwinning by bron (wonings en ook besighede) word in die vooruitsig gestel. Die Raad ondersoek tans ook voorstelle om vullis in energie om te skakel (“Waste to Energy”).

Met die implementering van die projek sal ’n geïdentifiseerde herwinningsaksie gedoen word.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za