Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulp aan huiseienaars

Hulp aan huiseienaars
 
2009-08-06


IN die uitgawe van 30 Julie vertel eiendomsagent Berry Everitt van die Quick Sell plan waardeur huiseienaars met groot verbandskuld hul huise kan verkoop teen ’n reserweprys.

Dit sê nie wat gebeur met enige balans wat nog verskuldig mag wees aan die bank indien die eiendom verkoop word vir minder as die uitstaande verband nie.

Huiseienaars wat agter is met verbandpaaiemente behoort ook kennis te neem dat, sou die bank die huis in eksekusie opveil, dan bevry dit die eienaar van die verpligting van enige balans nog verskuldig aan die bank na veiling.

Die Nasionale Kredietwet laat nie ’n kredietverskaffer toe om onder sulke omstandighede die balans te vorder nie.

Die vermoede is dat die bank juis nou die hulp aan huiseienaars bied sodat hulle nie hul reg om die balans te eis, verloor nie.

Die keuse vir die eienaar is eenvoudig, maar moeilik:

Laat die huis opveil, verwoes jou kredietwaardigheid vir die volgende vyf jaar, of laat FNB jou help, maar jy bly aanspreeklik vir die balans vir die res van jou lewe, waarvoor jy seker ook in die toekoms gedagvaar sal word.

My advies: kry eers regsadvies voor jy die hulp aanvaar.WJ van Wyk




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za