Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veiligheidsmaatreëls was goed

Veiligheidsmaatreëls was goed
 
2009-08-06


MONDI reageer graag op die brief van “Baie Bekommerde Fabriekswerker” van 9 Julie, om enige misverstand oor ons toewyding aan veiligheid op te klaar.

Die vlambare aard van die materiaal wat ons vervaardig, het ons nog altyd genoodsaak om veiligheid ’n deel van ons daaglikse werksaamhede te maak.

Alle aksies van ons personeel en kontrakteurs is gefokus daarop om brande te verhoed en om ons werkers veilig te hou indien ’n brand wel sou ontstaan.

Gevolglik is ons fasiliteit nie net toegerus met rook- en vlam-deteksie nie, maar ook met ’n alarmstelsel wat direk gekoppel is aan die Drakenstein brandweerafdeling.

Dit is juis die foutlose werking van dié sisteme wat daartoe gelei het dat ons personeel genoeg tyd gehad het om die perseel veilig te ontruim.

Die ontruimingsplan en -oefeninge sowel as die gereelde instandhouding van nooduitgange het verder verseker dat daar geen insidente gedurende die suksesvolle ontruiming was nie.

Dankie aan die Drakenstein brandweer vir hulle flink optrede wat ’n groot gedeelte van ons fabriek gered het.

Al ons personeel in die hoë risiko areas het voortdurend gevorderde brandbestrydingsopleiding ontvang.

Dit is juis hierdie opleiding wat aan hulle die nodige kennis gegee het om die omvang en erns van die brand korrek op te som en te besluit dat ontruiming die veiligste opsie is. Ons is trots op hul optrede.

Die Mondi filosofie van “Veiligheid voor Produksie” word uitgeleef in alles wat ons doen en die optrede van ons personeel gedurende hierdie noodtoestand is ’n bewys hiervan.

Ons is tans in die proses om ons fabriek te herbou en ons stel selfs beter veiligheidstoerusting en strenger veiligheidsmaatreëls in werking om seker te maak dat ons personeel te alle tye in ’n veilige omgewing kan werk.

Ons bou ook voort op die omvattende beroepsveiligheids-opleidingsprogram wat alreeds in plek is.

Die veiligheid van ons Mondi familie kom altyd eerste en ons is dankbaar dat almal veilig is ná hierdie aangrypende insident.

Ons spanwerk verseker dat ons ’n beter Mondi Versapak vir ons almal se toekoms bou.

Die Bestuur: Mondi Versapak




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za