DIE spreker by die derde Mathews Phosa-lesing van die Taalmuseum op 12 Augustus is prof Nico Koopman van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor “Transformerende Afrikaans”.
Die geleentheid vind om 13:00 in die Taalmuseum Historium plaas en sluit ook ligte verversings en ’n toer deur die Taalmuseum-uitstallings in.
Bywoning is gratis, maar daar is beperkte sitplek beskikbaar en belangstellendes moet vooraf bespreek by 021-872-3441. Besoek www.taalmuseum.co.za.