Beveilig jou besittings
2009-08-06
POLISIE dwarsoor die Drakenstein-gebied waarsku die publiek om uiters bedagsaam te wees met hul besittings. Tans vier inbrekers hoogty in dié gebied, met diefstalle uit huise sowel as motorvoertuie. Alhoewel die polisie hul mannekrag ten volle handhaaf, is dit nie altyd moontlik om oral te wees nie. Die publiek word dus gemaan om hul kant te bring om beide tuis en op die paaie meer op hul hoede te wees. Daar word ook gevra dat mense hul oë en ore te alle tye moet oop hou vir enige verdagte gedrag in hul omgewing, om sodoende goeie buurmanskap te handhaaf. Die volgende wenke moet ernstig opgeneem word om misdaad te voorkom: ¡ Sluit altyd jou voertuig en hou vensters toe. Moet geen waardevolle besittings in voertuie laat nie. ¡ Maak seker dat jou huis goed toegesluit is, en as jy met vakansie gaan, vra die bure om ’n ogie te hou. Stel ook die polisie hiervan in kennis. ¡ Wees veral versigtig met die hoeveelheid kontant wat jy saamdra, en wees uiters waaksaam wanneer jy geld trek by OTM’s. ¡ Maak seker dat jou selfoon te alle tye werkend is, en sit noodnommers daarop. Die polisie is net ’n oproep weg, indien die publiek hulp nodig het.
More
News
|