Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Botsparadys by Paarl se Klein Parys

Botsparadys by Paarl se Klein Parys
 
2009-08-06

Lise Beyers

INWONERS van Denneburg moes vandeesweek weereens toekyk hoe ’n ongeluk plaasvind by die ingang van Klein Paryspad in Langenhovenweg.

Weereens het ’n voertuig vanuit Klein Parys voor ’n aankomende motor ingery in Langenhovenweg. Albei bestuurders het kopbeserings opgedoen.

Volgens inwoners van veral Mullerstraat, wat uitkyk op hierdie gebied, is daar ten minste drie sulke voorvalle per maand.

Nie net het die nuutste voorval weer beserings veroorsaak nie, maar die bakkie wat vanuit Klein Parys gery het, het ’n inwoner se boom plat gery.

Voorheen het motors deur tuinmure gejaag, byna in huiseienaars se woonkamers in.

Louise Vlok van Mullerstraat wat reeds 32 jaar hier woon, sê dat die probleem van ongelukke hier net erger word.

“Mense en kinders wandel hier en die ongelukke wat hier plaasvind is ’n totale gevaar vir ons almal.

“Nog ’n probleem wat ons ervaar, is die talle groot vragmotors wat hier op en af jaag. Daar is bo en onder in Langenhovenweg tekens om te toon dat vragmotors bo 10 ton nie hier mag ry nie, maar die padtekens word net geignoreer.

Een inwoner het gesê dat dit ’n eindelose stryd is.

“Ons word snags letterlik wakker gestamp wanneer ongelukke hier plaasvind. Ons is selfs te bang om vir ons kinders toe te laat om in die voortuin te speel, want netnou jaag ’n motor weer deur ’n muur.”

Nog ’n inwoner het gesê dat die briewe wat aan die Munisipaliteit gerig word oor hierdie aangeleentheid, op dowe ore val.

“Ons het al gevra dat spoedhobbels aangebring word in Langenhovenweg, maar niemand antwoord ons nie. “Ons het ook ’n versoek gerig vir ’n verkeerslig by hierdie kruising, maar daar word net gesê dat dit nie moontlik is nie.

“Oënskynlik gee die owerhede net nie om oor hierdie probleem nie.”

* Residents of Denneburg are up in arms after another accident at the entrance of Klein Parys in Langenhoven Avenue.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za