Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Neil Rademan op Wellington

Neil Rademan op Wellington
 
2009-08-06


DIE bekende sanger Neil Rademan tree op 13 Augustus saam met die sangeres Adri Louw en Johann Enslin se koor ten bate van die ACVV-dienssentrum vir bejaardes by Bergkroon buite Wellington op.

Kaartjies vir die geleentheid is R70 en sluit ’n ligte ete in.

Neil Rademan se kabaret-vertonings het in die jongste tyd groot bekendheid verwerf by kunsfeeste soos die KKNK. Johann Enslin, orrelis van die NGK Wellington-Noord, se koor is ook baie bekend en saam met Louw se optrede beloof die byeenkoms om ’n ware feesgeleentheid te wees.

Kaartjies kan by The Write Shoppe op Wellington of by Elsa Groenewald by 082-369-1049 gekoop word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za