Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ope dae om beroepe te kies

Ope dae om beroepe te kies
 
2009-08-06


AS deel van ’n provinsiale inisiatief, neem kolleges soos Boland Kollege se Paarl-kampus tans deel aan ’n assesseringsmaand waartydens skoliere (graad 9-12) gratis beroepstoetsing kan kry.

Die assessering behels die evaluasie van die vlak van geletterdheid (taalvaardigheid), numeriese vaardigheid en beroepsbelangstelling.

Die uitslae van hierdie toetse word deur ’n opgeleide ondersteuningsbeampte met die student bespreek.

Na afloop van die sessies vind ope dae plaas op 4 en 5 September van 09:00 tot 14:00.

Voornemende studente en hul ouers het op hierdie betrokke twee dae die geleentheid om meer oor beurse, programme en beroepsmoontlikhede by die Paarl Kampus en die res van die kollege uit te vind.

’n Afspraak moet telefonies gemaak word by Ivan Swart by 021-872-3323.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za