Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aangeval voor Interskole

Aangeval voor Interskole
 
2009-08-06


’n BESOEK aan die Paarl het byna tragies geëindig vir ’n oud-skolier van Gimnasium, toe hy verskeie keer met ’n mes gesteek is.

Charl du Plessis (21) het Saterdagoggend vanuit Kaapstad by sy ouerhuis in Swartvleistraat aangekom, om die Interskole-wedstryd saam met vriende te gaan kyk.

Sy ouers was tydens die voorval nie tuis nie en hy het die sekuriteitshek en deur van die woning oopgesluit en afgepak.

Toe hy in sy slaapkamer kom, het hy op ’n onbekende man afgekom wat besig was om die kaste uit te pak.

’n Struweling het ontstaan, en die man het vir Du Plessis vyf keer met ’n skroewedraaier gesteek.

Maar dit het steeds nie vir Du Plessis gestuit nie. Hy het tot by die voorhek vir sy aanvaller probeer vasvat, maar die voortvlugtige het oor die heining geklim en ontsnap voordat die polisie op die toneel aangekom het.

Du Plessis is na die PaarlMediClinic geneem vir behandeling.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

* A young man was stabbed numerous times by a burglar in Swartvlei Street, Paarl.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za