) ALGEMEEN
* Die Boland Kavaliers speel Vrydag om 15:30 teen die Leeus op Boland-stadion.
* Klubrugby: Vanaand speel Vineyards teen Violets op Daljosafat.
* Skolerugby: Vandag speel Hoërskool Hugenote tuis teen Hoër Landbouskool Boland.
) SKOLERUGBY-UITSLAE
HJS klop Hoërskool Gimnasium 24-12; New Orleans klop Labori 27-5; Monumentpark klop Labori 31-5; Paulus Joubert klop St Pauls College 22-14.
) PEOPLES TROEF GOODWOOD
Young Peoples het Saterdag vir Goodwood 25-15 gewen.
) RANGERS VAL VAS
Verlede Saterdag het Paarl Rangers hul eerste nederlaag van die tweede ronde gely toe hulle 12-7 teen die liga voorlopers, Sir Lowrians, vasgeval het.
Rangers se punte is aangeteken deur Roger Ruiters (1 drie) en Joshua Hoffman (1 doelskop). Rangers speel Vrydagaand teen Hamediehs te Goodwood Sportgronde. Die bus vertrek om 17:00 vanaf Groenheuwel en 17:30 vanaf die Biblioteek. Op 9 Augustus hou Rangers ’n Kransleggingsdiens te VGK Bet-el, Groenheuwel.
) HILLCREST KLOP MONTAGU
Hillcrest was die afgelope naweek weer op hul allerbeste toe hulle vir Montagu Villagers met 27-22 getroef het. Vir die wenspan het Van Rooyen, Gerswin Heugh en Lyle Nyman ’n barshou gespeel. Hillcrest se puntemakers, was Heugh (1 drie), Van Rooyen (1 drie), Jerome Coetsee (1 drie) en Jeremy Koukom (1 drie). Koukom het ook met twee doelskoppe en ’n strafdoel geslaag. Die naweek speel Hillcrest weg teen Tulbagh. Busse vertrek 11:30 vanaf Mannies.
) ALBIONS TRAP SILVERTREE
Albions het Saterdag vir Silvertree met 18-6 getroef op die Daljosafat-sportgronde. Lincoln du Preez was die speler van die wedstryd.
Brandon Hendricks en Waden van Rooyen het Albions se drieë gedruk, met Curtley Davids wat met ’n 40m skepdoel geslaag het.
Albions II het 22-0 gewen en Albions III het 24-24 gelykop gespeel.
Die klub bied Sondag ’n karaoke in Charlies vanaf 21:00 (teen R15).
) YOUNG STARS VIER FEESJAAR
Young Stars Sportklub bied op Saterdag 24 Oktober ’n sportdag aan ter feesviering van sy 25ste bestaansjaar te Weltevredepark op Wellington.
Alle belangstellende rugby- en netbalklubs (asook juniors) kan deelneem. Springkastele, kosstalletjies en ’n biertent sal beskikbaar wees. Kontak Dennis van den Heever (076-759-1448), Noleen Louw (076-374-7933) of Jesica Fransman (078-856-1778).