) HALF-MARATHON
Die jaarlikse McCarthy Toyota Paarlberg Halfmarathon en 10km vind op 15 Augustus om 07:00 plaas. Die half-marathon begin en eindig by die MCarthy Toyota perseel langs Paarl Mall.
Kontak Sybrand du Plessis by 083-444-6940 met enige navrae.
) KRIEKET
* Paarl Krieketklub se oefeninge vind plaas te Bolandpark op Maandae en Woensdae om 19:00 vanaf Maandag 3 Augustus. Die klub beoog ’n toer na Oudtshoorn van 25 tot 27 September.
Die klub se algemene jaarvergadering is op Sondag 23 Augustus om 15:00 in die klubhuis. Alle nominasies vir bestuursposte moet die sekretaris voor 16 Augustus bereik.
* Peoples Krieketklub hou 11 Augustus ’n bestuursvergadering in die Daljosafat-klubhuis om 19:00. Alle bestuurslede moet die vergadering bywoon.
Young Peoples isbesig met oefeninge vir die nuwe krieketseisoen op Maandae en Woensdae om 18:00 te Daljosafat. Die klub se eerste vriendskaplike wedstryde is 19 September (tuis teen Glamorgan) en 26 September (weg teen Piketberg).
Kontak Harry (083-956-3266), Edwin (083-267-4195) of Lorenzo (072-541-0675).