EK wil graag New Orleans Sekondêr komplimenteer met hulle netjiese sportdrag wat hulle by die 2009 Derby aangehad het.
Dankie aan die prinsipaal, die onderwysers en die borge wat uit hulle pad uit gaan vir New Orleans Sekondêr se leerlinge. Ek hoop die leerlinge waardeer alles wat vir hulle gedoen word.
Ons het wel die hoofrugbywedstryd verloor, maar ons is nog altyd baie trots op New Orleans Sekondêr. ORLEANS AHOI!
Chandre Hartogh (hoofdogter van 1998)