Berig skok oor baba op hospitaalvloer gebore
2009-08-13
DIE berig oor die baba wat op die hospitaalvloer gebore is, bring opnuut die skokkende feite oor ons gesondheidsdienste na vore en dan wil die regering ’n genasionaliseerde gesondheidsdiens vir almal instel! Dit is ironies dat die sogenaamde “woordvoerder” vir die hospitaaldienste sê dat daar wel mediese personeel teenwoordig was - as toeskouers terwyl die arme vrou se baba op sy kop beland op die vloer? Hulle behoort almal wat daar was te ontslaan omdat hulle die naam van die verpleegberoep in oneer bring. Die absurdheid van die onsimpatieke woordvoerder om te sê dat hulle in die toekoms voorsiening sal maak vir ’n matras om te verhoed dat ’n baba op die vloer gebore word, laat my bid dat ek liewers eendag in my eie bed doodgaan en nie in ’n provinsiale hospitaal nie. Ek stuur hierdie berig en brief aan die Minister van Gesondheid, en ek hoop ander volg my voorbeeld. Wat te erg is, is te erg! B Truter
More
News
|