VOORVERLEDE Saterdag se Interskole-wedstryd was vir my ’n belewenis soos nog nooit. Die Boishaaiers het ’n goeie wedstryd gespeel.
Ek is ’n Gimmie-ondersteuner, maar wat my getref het, was dat (anders as verlede jaar met Boishaai) amper niemand aan die Gimmie-kant op die veld gehardloop het om hulle spelers ná die hoofwedstryd te troos nie. Hulle het die ondersteuning nodig gehad.
Gimmies, nee man, julle het my baie teleurgestel. Wen of verloor, julle moet trots wees op julle span.
Liesl van der Westhuizen