Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Epiese wynproe-stryd

Epiese wynproe-stryd
 
2009-08-13


TROTS en eer sal op die spel wees wanneer die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad mekaar pak in die eerste Backsberg Vino Varsity-wynproekompetisie, wat op Vrydag om 15:00 op die landgoed gehou word.

In hierdie kompetisie kom Suid-Afrika se twee oudste universiteite teen mekaar te staan om te bepaal wie die beste proeërs is en wie die beste wynkennis het.

“Mededingende wynproe kan nie groter as dit raak nie,” sę Rick Louw, kaptein van die Universiteit van Kaapstad se span, wat deelneem onder die naam Ikey Ice-Buckets.

“Die Universiteit van Stellenbosch is nie net ons tradisionele opponente nie. Aangesien die Maties hulself in een van die węreld se bekendste wynstreke bevind, besef ons dit sal uiters moeilik wees om hulle te klop. Wyn kom letterlik by hul ore uit.”

Volgens Louw het hy en sy span proeërs egter hard vir die stryd geoefen.

“Daar is hope talent onder ons spanlede, en ons is reg vir die uitdaging wat die Maties aan ons sal stel – al besef ons dis ’n grote.”

Andrew Chigorimbo, kaptein van die Universiteit van Stellenbosch se span – die Matie Magnums – besef die druk van verwagting is groot vir die Maties om te wen.

“Wanneer jy aan wyn dink, dink jy aan Stellenbosch,” sę Chigorimbo.

“Ons besef dus dat die Matie Magnums die verwagting van ’n ganse streek en gemeenskap op ons skouers dra.

“Die Ikeys kan beslis nie ligtelik opgeneem word nie. Hulle weet hulle het niks om te verloor nie, en dat al die druk op ons is. Daar is ’n paar ware sterre in hul span, veral in die Merlot- en Shiraz-afdelings. Dit gaan taai wees.”

Die Vino Varsity-wynproekompetisie word oor drie afdelings beslis: blinde proeë, algemene kennis en ’n debat oor die geldigheid van vanjaar se viering van die 350ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse wynbedyf.

“Wyn gaan oor kennis en pret – beide kenmerkende aspekte van die studentelewe,” sę Simon Back, ’n voormalige Ikey wat ook die afrigter van die Ice-Buckets is.

“Die kompetisie poog om die belangrike rol van wyn onder die studente te bevestig. Ons wil die universiteite se gedeelde liefde vir die wingerd deur middel van hierdie kompetisie beklemtoon.

“Dis ook belangrik dat hierdie jong mense se geesdrif en toewyding deur die Suid-Afrikaanse wynbedryf erken word.”

Volgens Emile Joubert, ’n oud-Matie en afrigter van die Magnums, kom wen eerste.

“Ons kan later oor die koeitjies en kalfies gesels,” sę Joubert. “Nadat ons die kompetisie gewen het. En dit gaan nie maklik wees nie.”




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za